In die greep van ketters - of, Die Christen - E-book - ePub

Note moyenne 
 Brand Smit - In die greep van ketters - of, Die Christen.
WAAROOR GAAN HIERDIE BUNDEL?Seun word groot in 'n Christelike huishouding. Ernstig oor godsdiens as tiener en as jong volwassene. Word gekonfronteer met... Lire la suite
5,99 € E-book - ePub
Vous pouvez lire cet ebook sur les supports de lecture suivants :
Téléchargement immédiat
Dès validation de votre commande
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier

Résumé

WAAROOR GAAN HIERDIE BUNDEL?Seun word groot in 'n Christelike huishouding. Ernstig oor godsdiens as tiener en as jong volwassene. Word gekonfronteer met historiese ontwikkeling van sy godsdienstige oortuigings. Twyfel oor die "waarhede" waarmee hy grootgemaak is lei tot geloofskrisis. WIE IS DIE SKRYWER?Gebore op 29 Junie 1971 in Pretoria, in die Republiek van Suid-Afrika. Spandeer twee jaar in Suid-Korea as Engelse onderwyser tussen 1996 en 1998.
Werk in Johannesburg vir ses maande in 1998. Vertrek na Kaohsiung, in die suide van Taiwan, in Januarie 1999. AANHALINGS"Toe, in my vroeë twintigs, het die sterk vermoede by my posgevat dat hierdie god gemaak is deur mense, soos die goue kalf wat die Israeliete gemaak het terwyl Moses op die berg was. Ek het oortuig geraak daarvan dat mense oor die verloop van eeue hierdie God van Woorde geskep het om dieselfde redes hoekom die Israeliete die goue kalf gemaak het .""Na 45 minute het ek uitgestap en .
ek was teleurgesteld. Teleurgesteld in die 'preek' wat hoofsaaklik bestaan het uit 'n pseudo-wetenskap/geskiedenislesing om te 'bewys' dat Christus werklik gesterf het.""Feit is, ons kan nie funksioneer sonder geloof nie - dat môre byvoorbeeld soos verlede Dinsdag moet wees in terme van werkskedule en ander aktiwiteite, is geloof. Ons kan slegs glo dat Napoleon of Julius Caesar of Aristoteles bestaan het; hulle kan nie ons sintuie oortuig dat hulle ooit bestaan het nie.
Ons glo dat hulle bestaan het, omdat ons lees van hulle, of lees wat hulle geskryf het.""Hoewel die meerderheid lede van die gemeenskap van gelowiges nie die vaagste benul hiervan het nie, is die Christelike religie in die greep van ketters. Hierdie gelowiges resiteer alles woord vir woord wat die ketters hulle leer, Sondag na Sondag, preek na preek. Meer as dit, vele sogenaamde Christene doen hulle bes om die ketterse afdwaling van die Christelike leer so wyd te verkondig as wat hulle vermoëns hulle in staat stel.""Natuurlik glo vele Hindoes dis nonsens: hulle kan wys op miljoene mense se persoonlike ervarings wat aan hulle bewys dat Krishna werklik bestaan.
Dieselfde met volgelinge van enige ander godsdienstige tradisie. Die vermoëns van enige mens met 'n vaste voorneme en 'n gevestigde belang in 'n spesifieke beskouing om bewyse te vind vir iets waarin hulle glo, kan nooit onderskat word nie.""Ek sê dus nie die persoon wat godsdienstige geskrifte raadpleeg wanneer hulle soek na 'n antwoord op die vraag van wat hulle met hul lewens moet doen, is primitief nie.
Die skrywers van die betrokke teks was immers in hulle dag gerespekteer as gesaghebbende figure. Ek vra bloot: Hoekom nie 'n tweede mening oorweeg nie, veral as die mening redelik, en dalk relatief logies uiteengesit is?""Die volgeling van Jesus, soos ek oor hom dink, sal nie veel waarde heg aan die identiteitetiket van 'Christen' nie. Hy sal net sy skouers optrek en sê jy kan hom noem wat jy wil.
Al wat vir hom belangrik is, is om sy naaste lief te hê soos hy homself het.""As iemand beweer water kook teen 'n sekere temperatuur, en iemand anders kyk hom ongelowig aan en vra hoe hy dit weet, kan die een wat die bewering gemaak het eenvoudig 'n pot water op 'n warm plaat sit, 'n termometer daarin druk, en - voila! - na 'n paar minute is die bewering gestaaf. Indien die ander persoon wil argumenteer dat dit 'n vloekskoot was, kan hulle dit weer doen, of nog beter - die "ongelowige" kan dit self probeer, met presies dieselfde resultaat."

Caractéristiques

  • Date de parution
    25/02/2018
  • Editeur
  • ISBN
    978-1-370-11596-9
  • EAN
    9781370115969
  • Format
    ePub
  • Caractéristiques du format ePub
    • Protection num.
      pas de protection

Avis libraires et clients

Avis audio

Écoutez ce qu'en disent nos libraires !

À propos de l'auteur

Biographie de Brand Smit

Brand Smit is a freelance writer, part-time teacher and since 2006, master of a wide variety of websites. Born in Pretoria in 1971, Brand traversed South Africa with his family for the next 15 years. He graduated from high school in 1989, as fate would have it, back in Pretoria. He then continued his training for life as a productive adult at the University of Pretoria, before heading south a year later.
After five years of learning and thinking he followed the only path that seemed reasonable after thinking about it. Two years in South Korea had him yearning for the country of his birth. He returned, worked in Johannesburg for six months, then left again - this time for the shores of the beautiful island of Taiwan. He has called the southern port city of Kaohsiung home ever since.

Souvent acheté ensemble

Vous aimerez aussi

Derniers produits consultés

5,99 €