My Reis - E-book - ePub

Amanda

Note moyenne 
 Amanda - My Reis.
Na 24 jaar is die skryfster ook deel van die egskeiding statistiek. Nooit sou sy haarself kon indink op 46 jaar sou sy deel wees hiervan nie. Sulke goed... Lire la suite
5,99 € E-book - ePub
Vous pouvez lire cet ebook sur les supports de lecture suivants :
Téléchargement immédiat
Dès validation de votre commande
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier

Résumé

Na 24 jaar is die skryfster ook deel van die egskeiding statistiek. Nooit sou sy haarself kon indink op 46 jaar sou sy deel wees hiervan nie. Sulke goed gebeur met ander mense. Hierdie boek gaan nie oor die detail daarvan nie. Hierdie gaan oor haar "journey", my reis. Hoe sy die pad geloop het. Dinge wat sy baie vinnig moes leer en uitvind. Haar handleiding, gids. Hierdie is ook haar gevoelens, ervarings, woorde uit haar hart.
Miskien is jou pad anders, miskien nie, miskien is julle pad dieselfde, sy weet nie. Baie vrae was in haar agterkop. Hoe doen jy baie alledaagse dinge? Wanneer is ? goeie tyd om huis toe te gaan as jy by vriende kuier? Met wie gesels jy in ? geselskap as almal met hulle maats gesels? Hoe maak jy met skoolfunksies? Met enige funksie? Mag ek sy van behou? Is daar ? tydlyn aan verbonde, as iemand my net kan sê hoeveel dae, kan sy mos ? kalender teen die muur sit en elke dag die blokkies afmerk en so kom die einde in sig.
Klein bietjie agtergrond, haar man was die praktiese een in die huis, hy het, kon alles regmaak en ? regte planmaker. Sy daarteenoor kan niks regmaak nie, kan ? plan uitdink, maar hoe voer jy dit uit?Hulle het 2 kinders, een is nou 19 en al uit die huis en een sy laaste jaar op skool. Party sê gelukkig is hul al groot, sy weet nie, dit bly maar baie traumaties! Sy dank die Vader elke dag vir hulle, hulle hou jou regop elke liewe dag!Het sy alles reggedoen - sy twyfel!Sou sy wou teruggaan en iets verander - nooit nie!Was dit maklik? Glad nie!Wat het sy geleer:Daar is geen handleidings, geen notas word van Bo gegooi nie (sou definitief makliker gewees het), niemand kan die pad saam met jou loop nie, almal is maar net toeskouers, hierdie paadjie is net vir jou voete alleenlik.
Sy Liefde, Getrouheid, Genade maak hierdie pad wel moontlik om te stap, kruip party dae en meeste van die tyd tel Hy jou op en dra jou!Maar hier gaan ons.

Caractéristiques

  • Date de parution
    06/03/2024
  • Editeur
  • ISBN
    8223111993
  • EAN
    9798223111993
  • Format
    ePub
  • Caractéristiques du format ePub
    • Protection num.
      pas de protection

Avis libraires et clients

Avis audio

Écoutez ce qu'en disent nos libraires !

Vous aimerez aussi

Derniers produits consultés

5,99 €