Seenimf van Samui - E-book - ePub

Note moyenne 
 Thea Sonnekus - Seenimf van Samui.
Jean Marie Brand is 'n tipiese, enigste rykmanskind, net gewoond aan die beste. Geen man was nog ooit goed genoeg vir haar nie en is haar hart nog ongeskonde.... Lire la suite
2,99 € E-book - ePub
Vous pouvez lire cet ebook sur les supports de lecture suivants :
Téléchargement immédiat
Dès validation de votre commande
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier

Résumé

Jean Marie Brand is 'n tipiese, enigste rykmanskind, net gewoond aan die beste. Geen man was nog ooit goed genoeg vir haar nie en is haar hart nog ongeskonde. Sy koester ook 'n siniese uitkyk oor die liefde en glo nie juis daarin nie. Die ekonomiese veranderinge in die land raak hulle onverwags in die ergste vorm moontlik en tuimel die Brands se hele kaartehuis inmekaar. Om te ontvlug van alles, onderneem sy uit desperaatheid 'n reis saam met haar jarelange vriendin, Mirinda, na die eiland Koh Samui in Thailand.
Op hierdie tropiese eiland ervaar sy vir die eerste keer die leefwyse van die gewone man op straat. Sy ontdek ook dat die liefde nie net 'n mite is nie, maar werklik bestaan toe sy die aantreklik Xavier du Pont toevallig ontmoet. Hierdie raak dus haar lewensreis om haarself te ontdek in alle fasette. Sy bevind haar telkemale in situasies waar Xavier du Pont tot haar redding moet kom en daar ontwikkel 'n verhouding tussen hulle twee.
Kan hierdie verhouding die toets van die liefde en al die faktore van buite weerstaan? Daar is die wêreldwyse Genivieve wat daarin slaag om soos 'n slang die paradys binne te seil. Kan hierdie 'Adam en Eva daarin slaag om die slang te omseil? Is daar iets soos liefde met die eerste oogopslag ?Kom saam na Samui en vind uit... !

Caractéristiques

  • Date de parution
    28/03/2018
  • Editeur
  • ISBN
    978-1-370-76967-4
  • EAN
    9781370769674
  • Format
    ePub
  • Caractéristiques du format ePub
    • Protection num.
      pas de protection

Avis libraires et clients

Avis audio

Écoutez ce qu'en disent nos libraires !

À propos de l'auteur

Biographie de Thea Sonnekus

Thea Sonnekus woon op 'n tropiese eiland in Thailand saam met haar man, twee seuns, twee skoondogters en drie dierbare kleinkinders. Sy is versot op lees en het op 'n vroeë ouderdom haar moeder se liefdesverhale skelm onder die komberse met 'n flitslig gelees. Haar man is haar muse en ook haar sterkste kritikus. Sy glo in die liefde en ook dat daar nie perfekte verhoudings bestaan nie, maar dat elke verhouding wel perfekte oomblikke het.
Die familie besit 'n besigheid op die eiland en sy koester die saamwees tye saam met die kinders en kleinkinders. Vir haar bestaan die lewe elke oomblik uit keuses en kies sy geluk, waardering, opregtheid en liefde as die grondslag vir haar bestaan. Daarom skryf sy "feel good" boeke met gelukkige eindes.

Souvent acheté ensemble

Vous aimerez aussi

Derniers produits consultés

2,99 €